Rentech op Agriskoops: Sonkrag en Sonpanele met ’n Dubbele Doel in Landbou

Rentech op Agriskoops: Sonkrag en Sonpanele met ’n Dubbele Doel in Landbou

Rentech se besigheidseenheid-bestuurder, Jaco Weideman, het onlangs op Agriskoops gesels, die landbouprogram aangebied deur Eddie Goldberg en uitgesaai op gemeenskapsradiostasies landswyd.

In die gesprek vertel Jaco meer oor die gebruik van sonkrag en sonpanele in boerdery, en hoe dit verder strek as net kragopwekking en kostebesparing.

Hy verduidelik hoe sonpanele ook ingespan kan word om gewasse onder die skadu van die panele te groei, as deel van ’n praktiese, geïntegreerde benadering tot landbou.

Luister nou